?Wat kan ons dan nóg doen??
Die organiseerders van motorfiets-Grands Prix wil beter beskerming vir jaers ondersoek ná die dood van die 19-jarige Shoya Tomizawa die naweek.
België kan skeur ná dooiepunt
België se einde doem aan die horison op nadat die vyf partye wat in Junie onderhandel het oor ?n regeringskoalisie geen ooreenstemming kon bereik nie.
Aarde se bewing lei tot miljarde se skade
Die skade aan die infrastruktuur van Christchurch in Nieu-Seeland word op nagenoeg R10 miljard geraam ná die aardbewing eergisteroggend.
200 verdrink dalk, sê oorlewende
?n Passasier wat oorleef het toe ?n rivierboot eergister laat in die middel van die Kongo omgeslaan het, sê minstens 200 mense is in dié ongeluk dood.
Met baie rukke en skote uit Maputo
Twee Johannesburgers kon gister maar net toekyk hoe ?n Mosambiekse polisieman voor in hul voertuig sit en hulle al skietende met sy AK47 uit die chaotiese, onlusgeteisterde Maputo lei.
Chili-mynwerkers skep moed
Die 33 vasgekeerde mynwerkers in Chili het eergister weer moed geskep nadat musiek en warm maaltye aan hulle verskaf is.